
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit.
In Saartjie se skatte sorg spoke en skatte dat Saartjie weereens Lynnekom se heldin word. Sy en Galpil gaan 'n weddenskap aan om te sien wie is bang vir spoke en wie nie.
In Saartjie se kliek ontdek Saartjie 'n boek oor 'n groep meisies in Engeland wat 'n kliek gevorm het en besluit summier die Drie Muskiete moet 'n ander naam en nuwe doelstellings kry.
In Saartjie se kêrel lees Saartjie 'n artikel oor hipnose en besluit dadelik om Anna en Lina as proefkonyne te gebruik. Maar soos gewoonlik verloop dinge nie heeltemal soos beplan nie.
Saartjie het 'n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word.