Hanteer diabetes en verwante gesondheidskwessies

ebook

By Dr Arien van der Merwe

cover image of Hanteer diabetes en verwante gesondheidskwessies

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Download Libby on the App Store Download Libby on Google Play

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Library Name Distance
Loading...
Na raming het meer as 3,5 miljoen Suid-Afrikaners diabetes. Wêreldwyd het ongeveer 150 miljoen mense metaboliese sindroom (wat diabetes insluit) en dit dikwels sonder dat hulle dit eers weet ... Suid-Afrikaanse mediese dokter, skrywer en kenner op die gebied van holisties geïntegreerde medisyne, dr Arien van der Merwe, verduidelik in hierdie tydige en maklik leesbare boek wat presies diabetes is, die simptome, en die verskillende soorte – tipe 1, 2 en 3, wat diabetes veroorsaak, van fisiologie tot emosies, wat pre-diabetes en insulienweerstandigheid is, hoe diabetes en metaboliese sindroom verwant is, hoe diabetes verband hou met hartsiektes, Alzheimers en depressie en die verskillende soorte medikasie. Sy verskaf praktiese oplossings oor hoe diabetes en verwante kwale bestuur kan word, deur onder meer leefstylaanpassings – van slaap tot ontspanning, die regte oefening, wat interval- en weerstandsoefeninge insluit, gesonde eetgewoontes en vas met tussenposes, die hanteer en bestuur van stres en die aanspreek van onderliggende emosionele aspekte. Dr Van der Merwe verduidelik die verband tussen jou liggaam, emosies en siel, en gee raad oor voedselaanvullers en kruiemiddels. Boonop bring dié boek 'n boodskap van hoop: Diegene met diabetes en metaboliese sindroom se bloedsuikervlakke en verwante simptome kán doeltreffend bestuur word, soms selfs omgekeer word, wat dit moontlik maak om 'n normale, aktiewe en lang lewe te lei.
Hanteer diabetes en verwante gesondheidskwessies