cover image of Errol Tobias

Errol Tobias

Suiwer Goud

by Errol Tobias

ebook

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Errol Tobias se insluiting in die Springbokspan was dadelik omstrede. In 1980 word hy ons eerste swart Springbok-rugbyspeler - te midde van internasionale sport-isolasie en groeiende protes weens die regeringsbeleid. In Errol Tobias: Suiwer Goud vertel hy openhartig van sy sportloopbaan: vanaf sy kinderdae tot die groot oomblikke in die Groen-en-goud, die vreugdes, die verlies, en die omstredenheid. Die waarheid agter legendariese en berugte rugbywedstryde word onthul, soos die Suid-Amerikaanse toer waar Tobias 'n wêreldrekord gebreek het, en die rampspoedige Nieu-Seeland-toer waar protesaksie teen die Springbokspan oorweldigend geword het. Hy skryf oor sy hegte vriendskap met mede-Springboklegende Rob Louw, en die onwrikbare ondersteuning van Danie "Dok" Craven. Hier is ook Tobias se mening oor vandag se kwotastelsels. Baie ander mense het al hul opinie oor Errol Tobias en sy rol in Suid-Afrikaanse rugby gelewer. Hier is sý kant van die saak.

Publication Details

Publisher:
Tafelberg
Publication Date:
2015

Format

  • Kindle Book
  • OverDrive Read 1.3 MB
  • Adobe EPUB eBook 1.3 MB

Errol Tobias (Author)

Errol Tobias is 'n baanbreker in Suid-Afrikaanse rugby. In Errol Tobias: Suiwer Goud vertel hy van die oorwinnings wat hy behaal het en die struikelblokke wat hy moes oorkom as die eerste swart Springbok-rugbyspeler. Sy kennis en liefde vir rugby ...

More about Errol Tobias
Errol Tobias
Copy and paste the code into your website.
New here? Learn how to read digital books for free