Susanna M. Lingua Gunstelinge 4

ebook

By Susanna M Lingua

cover image of Susanna M. Lingua Gunstelinge 4

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...
In Soos ʼn silwer droom het Rina Verhoef pas haar onderwysstudie voltooi en vertrek op ʼn reis na Lissabon. Rina het ʼn wil van haar eie, maar dan ontmoet sy die markies Conzalo de Valcada, wat gewoond is aan absolute gehoorsaamheid en onderdanigheid. Kort voor lank begin die vonke spat. In Ver bo korale hoor dokter Elaine Enslin die ontstellende nuus dat haar pa verplig word om die familieplaas te verkoop – aan Niel Durandt van alle mense! Sy kon die Durandts nog nooit verdra nie. En dan begin Niel boonop by haar aanlê... maar sy sal haar nie só maklik laat tem nie. In Sag ruis die nagwind besluit miljoenêrsdogter Alta van Eden om ʼn verpleegster te word ná haar pa in ʼn ernstige motorongeluk betrokke was. Wanneer sy oom Petrus Conradie op Saaiplaas gaan verpleeg, leer sy ook sy kinders ken – en dít is nie altyd aangenaam nie. En oom Petrus se testament bevat ʼn eienaardige bepaling wat vir Alta baie pyn, maar ook uiteindelik ongekende vreugde meebring.
Susanna M. Lingua Gunstelinge 4