Tannie Pompie se Oorlog

ebook In die Driehoek van die Dood

By Deon Lamprecht

cover image of Tannie Pompie se Oorlog

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...
In Pompie van der Westhuizen se plaaskombuis buite Tsumeb het die skote nooit geklap nie. Maar die oomblik wanneer sy agter haar weermagradio's ingeskuif het, het die Grensoorlog om haar begin woed. Hierdie aangrypende boek vertel die ware verhaal van die boeregemeenskap van die sogenaamde Driehoek van die Dood in Suidwes en hoe hulle by die oorlog ingetrek is. Swapo-insurgente het die land jaarliks deur diƩ gebied binnegesypel om sagte teikens aan te val. Deon Lamprecht herskep die gebeure om 'n Swapo-hinderlaag in die gebied met 'n onmiddellikheid wat jou aan die keel gryp. Hy beskryf dit vanuit die perspektief van kommandant Roland de Vries, bevelvoerder van 61 Meg, die burgerlike vrywilligers en tannie Pompie, wie se man en skoonseun in die hinderlaag was. 'n Spannende en diep menslike storie wat wys daar is geen wenners in 'n oorlog nie.
Tannie Pompie se Oorlog