Die Silberstein-trilogie

ebook

By Etienne le Roux

cover image of Die Silberstein-trilogie

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...
'n Welkome heruitgawe van Leroux se trilogie wat die romans Sewe dae by die Silbersteins (1962), Een vir Azazel (1964) en Die derde oog (1966) insluit. Dit is romans wat in Suid-Afrika en die buiteland hoog aangeslaan is. Nie net het die afsonderlike romans destyds in Brittanje en Amerika (en elders) aandag getrek nie, maar Penguin het ook in 1972 in hul Modern Classics-reeks die trilogie uitgegee onder die titel To a Dubious Salvation ('n heruitgawe het in 1985 gevolg). Die eerste roman is 'n verslag van Henry van Eeden se weeklange besoek aan die Silbersteins se groot landgoed om Salome, sy toekomstige bruid, te ontmoet. Elke dag lewer bisarre ervarings op en dit word vir Henry 'n inisiasieproses: hy moet sy onskuld verloor en kennismaak met die verweefdheid van die goeie en die bose. Op die oog af is Een vir Azazel 'n speurroman waar 'n moord opgelos moet word, maar dit gaan ook oor die mens se behoefte aan 'n sondebok: Die agterdog wat opbou en fokus op die Reus Adam Kadmon, 'n verstandelik vertraagde jongman, lei tot 'n tragedie – een van die aangrypendste tonele in die Afrikaanse letterkunde. In die laaste roman moet kaptein Demosthenes H de Goede die magnaat Boris Gudenov opspoor.
Die Silberstein-trilogie