
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
'n Liefde vir Bak is die eerste boek uit die pen van kosstilis van formaat, Sarah Dall. Sy was nog nooit een wat neigings slaafs navolg nie en het altyd 'n vars nuwe uitkyk – in plaas van rooifluweel-kolwyntjies, maak sy rooifluweel-makrolletjies. Die boek dek 'n groot verskeidenheid bakresepte en bevat alles vanaf koeke, kolwyntjies en nageregte, tot koekies, plaatgebak en selfs 'n hele hoofstuk oor lekkernye waaroor kinders mal is, soos goeie ou skurwejantjies. Sarah neem skrikwekkende resepte soos makrolletjies en maak die metode nie slegs makliker nie, maar bied ook 'n nuwe kinkel in die resep – soos om 'n feestelike Kerskrans uit makrolletjies te maak! 'n Liefde vir Bak is 'n pragtige boek wat nie net jou familie en geliefdes se magies sal vul en harte warm sal laat klop nie, maar enige iemand in 'n bobaas-bakker sal omskep!