Krake

ebook

By Peet van Staden

cover image of Krake

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Download Libby on the App Store Download Libby on Google Play

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Library Name Distance
Loading...
As hy die finansiële state het, kan hy begin. Dan kom die werklike kragmeting: sy stadige, planmatige, geduldige kyk met forensiese X-straalvisie na wat skelm rekenmeesters en regsadviseurs hul base help verdoesel. Hy kyk nie net na wat daar is nie, maar ook na wat nie daar is nie. Hy voel die afwagting in sy maag. Dis soos wanneer 'n jagter die slot oopmaak en die patrone in die magasyn druk. Vir hom is só 'n finansiële dokument die reuk van forensiese geweerolie. Daar is geen waarborg dat hy sal tref of selfs 'n skoot sal inkry nie, maar dis die begin van die jag. Roux Venske, hy is dié jagter. Jare in die staatsdiens, eers die polisie en toe forensies, maar nou vryskut. Die oproep wat hy van Nono Baloyi gekry het, maak hom nie juis opgewonde nie. Hy het nie ooghare vir die nuwe politieke elite nie, hulle is vir hom net so erg soos die voriges. Maar toe kry hy, terwyl hy met haar goed besig is, dié state. Dié van Vincent Mabena, een van die rykste mense in die land. En die jag begin. Krake is 'n goed geoliede geweer van 'n spanningsroman. Vlot, blitssnel, doodsekuur, maar met 'n polsslag wat saamval met die hartklop van hierdie komplekse land en al sy mense.
Krake