
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
In Waaisand weier jong weduwee Berna om aan die eise van haar wellustige werkgewer toe te gee. Sy word afgedank, en terwyl sy nog wonder waar sy en haar tweelingkleuters 'n nuwe heenkome moet vind, loop sy byna onder 'n voertuig in. Dié gebeurtenis plaas haar nietemin op die eerste tree van 'n nuwe pad, waarvan sy die verloop en afloop in haar wildste drome nie sou kon voorsien nie. In Oorkant op die eiland vertrek Gert en Corrie Pullen oorsee, en hul dogter Janetta gaan kuier saam met haar kêrel, Isidor, by sy ouerhuis teen die Oranjerivier. Corrie is bekommerd om haar dogter na totale vreemdelinge te stuur. In die weke wat volg, sou Janetta meermale wonder of haar ma 'n voorgevoel gehad het, want op Stroomlangs is daar gesindhede en duisterhede wat haar mateloos ontstel. Boweal is daar die moontlikheid dat haar lewe in gevaar is. . . En in Die uurgals wentel worstel die inwoners van Victorina, die ietwat verwaarloosde maar steeds sierlike woning, met intense problem soos drankmisbruik, buite-egtelike verhoudings en familietwiste. Dan word die uurglas omgekeer, en saam daarmee almal se lewens.