Frats

ebook

By Chris Karsten

cover image of Frats

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...
Hierdie boeiende en ontroerende roman is gebaseer op die lewensverhaal van Saartje Baartman en verken 'n pynlike moment in ons koloniale geskiedenis. Dit vertel die verhaal van Khoena, 'n vrou van Khoi-afkoms, wat vroeg in die 19de eeu onder valse voorwendsels van die Kaap na Londen toe geneem word om daar as 'n "frats" ten toon gestel te word. Hierdie is ook die verhaal van 'n Engelse vrou, Dolly en haar vriend Simon, 'n Londense joernalis, wat hulle beywer vir die vrystelling van mense wat uitgebuit word in die sg "freak shows". Dolly maak tydens hierdie proses vriende met Khoena en ontferm haar oor Khoena se welstand. Later, ten spyte van al Dolly se pogings, beland Khoena egter in Parys, waar sy uiteindelik die bisarre fokus is van anatomiste se wetenskaplike studies. Die skrywer roep 'n uiters geloofwaardige, tasbare en kleurryke wêreld op en die besonderse detail trek die leser onweerstaanbaar in. Sy roman word 'n kragtige appèl oor onreg en die brose vermoëns van die mens om daaroor te triomfeer.

Available to buy

Frats
New here? Learn how to read digital books for free