
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
Weens populere aanvraag, die heruitgawe van Deon Meyer se heel eerste spanningsroman! By 'n boekeveiling sien Ragel Bergh vir Dirk Buchner raak. Oornag verander haar bestaan, en ná 'n naweek op Houwhoek weet sy sy is nog nooit so volledig bemin nie. Dan gebeur daar iets so ingrypend dat haar en Dirk se pad móét kruis met dié van Ivan Malan, die man met die sagte stem en emosielose oë, opgelei deur die agente van die semi-militêre Firma om mense te manipuleer of te elimineer. Sy opleiding as misdadiger kom handig te pas – hy het geslaag in vakke soos toneelspel, vermomming, vervalsing, seksuele uitbuiting, omkopery, afpersing, inbraak en swendelary. As dié kennis nie help nie, bly die wapens onder sy huis langs die Weskus nog oor. Daar sal hy die "liasseerkabinet van die dood" ooptrek.