
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
Die woord "weduwee" is 'n verdrietige woord, 'n toestand waarmee sy haarself met moeite vereenselwig. Maar hier waar Cato in die vliegtuig sit, is dit ongelukkig haar werklikheid. Haar man is dood, 'n skamele drie jaar ná hul troue. Sy is op pad terug Stellenbosch toe, waar Kristina en Ben nog is. En Marcus en Helen net om die draai in Kaapstad woon. Haar ondersteuningsnetwerk. Of dit so 'n goeie plan is om terug te gaan na die plek waar sy vir Neil ontmoet het, weet sy nie, maar in dié stadium wil sy nêrens anders wees nie. Veral nie alleen in Londen nie. Êrens tussen die tyding van die motorongeluk, die blyke van waardering, die roudiens en die werklikheid van 'n leë plek langs haar in die bed, het sy die Cato wat sy geken het, verloor. En in haar plek 'n bang vreemdeling gevind.In Stellenbosch wag nie net haar vriende op haar nie, maar ook die gewilde Big Pink-teaterrestaurant. Hoe sy kans gesien het om dié onderneming te koop, weet sy nie, en wens dis net 'n nare droom. Dit help ook nie dat die vreemdeling langs haar op die vliegtuig vir haar sê daar bestaan nie iets soos beter dae nie...