Uit die binneland

ebook

By Dana Snyman

cover image of Uit die binneland

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Download Libby on the App Store Download Libby on Google Play

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Library Name Distance
Loading...
Snyman se humoristiese pen breek weg na plattelandse cafés met juke-bokse en seven singles, besoeke aan die "Monnemint" en Boeregrafte, in 'n tyd dat Valiants en Zephyrs nog bekende name was. Juis op een van hierdie reise het 'n bakkie se "gêrs soos 'n dier in pyn gesterf". Snyman spaar ook nie die Nuwe Suid-Afrika nie: Jappies word die kop gewas, so ook sekere rugbyondersteuners, sekere radioluisteraars, sekere openbare figure. Maar Snyman verken ook die ander, pynliker kant van sy land en sy mense: Agnes wat donkermôre die skôrro-skôrro in Mabopane moet haal, Attie wat te vroeg die kroeg se binnekant moet leer ken, die Bosluismense van die Noordwes, die ryke en die arme wat mekaar deur 'n kamervenster aanstaar. En dis moeilik om te sê waar die lag ophou en die traan begin – en andersom. Snyman se unieke aanslag maak van hierdie vyftigtal kort stukke eerder kort- kortverhale of sketse as die tipiese rubriek – dit het vroeër in Beeld, Wegbreek en Huisgenoot verskyn. Sy gewildheid en geliefdheid by lesers spreek onder andere uit 'n leserbrief wat in Beeld verskyn het (26/09/2004): "Die wyse waarop Dana Snyman ... basiese en alledaagse gebeurtenisse ... weerspieël, is uniek. Hy praat oor goed wat ons almal op een of ander manier ervaar het, maar nie oor praat nie. Hy wys daarop dat ons almal dieselfde emosies ervaar, ongeag wie en waar ons is. Wat van 'n bundel met al sy artikels?" Lesersbriewe getuig gereeld van sy gewildheid.
Uit die binneland