
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
Trompie bring 'n brulpadda skool toe en sake ruk hand-uit wanneer 'n nuwe onderwyseres skoon flou val van skok. Gelukkig vir die sproetgesig is die skoolhoof nie op die oomblik in Kwaggaberg nie. Die Boksombende se Grootkaptein is jaloers wanneer Katrien, die meisie wat langs hom bly, 'n brief van 'n geheime bewonderaar in hul klas kry. Dit is nie lank voor Trompie uitvind wie so beenaf op haar is nie en dan gaan hy uit sy pad om die lewe vir dié kêrel moeilik te maak. Ons held besluit hy moet 'n nuwe blaadjie omslaan en 'n beter mens word. Sy bendelede is nie juis beïndruk met hierdie nuwe gier nie, maar Trompie doen sy bes om sy medemens te help. Hy hoor by 'n vriend wat in die koshuis is dat die kinders nie naastenby genoeg kos daar kry nie en ontferm hom dadelik oor hulle. Die daaropvolgende eetstaking wat Trompie reël, het verreikende gevolge!