We want your feedback!
Click here
cover image of Trompie die krieketspeler (#14)

Trompie die krieketspeler (#14)

Trompie

by Topsy Smith

ebook

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Trompie wil 'n seun se krieketkolf leen, maar oefen eers gou sy beroemde skepskop met een van die pronkdahlias in die ryk mense se tuin. Hy word gevang en moet as straf onkruid uittrek. Die sproetgesig roep dadelik sy Boksombende se hulp vir hierdie onaangename taak in. Wanneer die strafwerk klaar is, moet Trompie eers mooi met die suinige ryk seun onderhandel om sy kolf vir hulle te leen sodat Kwaggaberg se seuns kan gaan krieket speel. Hulle kies twee spanne, maar die oomblik wat die wedstryd begin, loop die een ding ná die ander skeef. Eers breek daar 'n ruit, dan reën 'n sarsie klippe kletterend op die kerksaal se dak neer en uiteindelik beland Trompie en 'n klein outjie hoog bo in 'n boomtop op soek na Dawie se duur krieketbal – oorgenoeg aksie om die Grootkaptein en sy manskappe baie besig te hou. Ná ons vriende se rampspoedige krieketdag hoor hulle 'n geheimsinnige gemaskerde stoeier kom na Kwaggaberg toe. Ons held hou hom grootmeneer en belowe hy gaan die man ontmasker!

Publication Details

Publisher:
Human & Rousseau
Publication Date:
2011
Series:
Trompie

Format

  • Kindle Book
  • OverDrive Read
  • Adobe EPUB eBook 261.6 KB
Trompie die krieketspeler (#14)
Copy and paste the code into your website.