cover image of Sarah du Pisanie Omnibus 3

Sarah du Pisanie Omnibus 3

by Sarah du Pisanie

ebook

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today

Subjects

Die verhale in hierdie omnibus speel almal in die ou Suidwes-Afrika af. In Die huis van Makir bly privaat verpleegster Annie slegs in diens van 'n skatryk familie om 'n veilige hawe te kan skep vir die seuntjie van die stugge Pieter von Moltke, in die hoop dat die man ééndag aan die kind die erkenning sal gee wat hom toekom. En dan breek daardie dag aan . . .In Die rooi duiwel van Rotskloof pak Ansie en haar verloofde 'n lang tog aan om haar wewenaar-broer te gaan bystaan waar hy hom op 'n sendingstasie saam met sy twee kleuters bevind. Maar spoedig ontdek sy dat haar broer dodelik siek is aan malaria, en boonop loop sy haar vas in 'n rooibaard-duiwel van 'n man wat vas glo een van die kinders het op sy plaas oortree.En in Vir twee koppies meel is weeskind Anke bestem om die bruid van 'n Duitse soldaat te word; sy wil die armoede van Duitsland verruil vir 'n nuwe lewe in sonnige Suidwes. Maar met haar aankoms daar word haar droomwêreld aan flarde geruk.

Publication Details

Publisher:
Tafelberg
Imprint:
Jasmyn
Publication Date:
2011

Format

  • Adobe PDF eBook 12.2 MB
Sarah du Pisanie Omnibus 3
Copy and paste the code into your website.
New here? Learn how to read digital books for free