Rykie

ebook 'n lewe met woorde

By Lizette Rabe

cover image of Rykie

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Download Libby on the App Store Download Libby on Google Play

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Library Name Distance
Loading...
In 'n tyd toe die meeste vroue óf onderwyseres óf verpleegster geword het, het Rykie van Reenen vir haar 'n loopbaan oopgeskryf in die joernalistiek. Sy het Suid-Afrika se eerste vroulike oorlogskorrespondent geword toe sy die Jom Kippoer-oorlog in Israel gaan dek het.In die 1960's het sy naam gemaak as rubriekskrywer vir "Van alle kante" in Die Burger en in die 1970's vir "Op die randakker" in Rapport. Die rubrieke was só gewild dat dit as 'n sirkulasiebouer by Rapport beskou is en later ook gebundel is.Van Reenen se fyn waarnemingsvermoë, wydbelesenheid en kreatiewe taalgebruik het haar in 'n klas van haar eie geplaas. Sy het geskryf oor kerksake, die politiek van die dag en het onderhoude gevoer met van Hendrik Verwoerd tot Steve Biko. Van Reenen word beskou in dieselfde liga as Piet Cillié en Schalk Pienaar en het 'n groot rol gespeel in die professionalisering van vroue-joernaliste.Twee boeke het uit haar pen verskyn: Emily Hobhouse: Boer War Letters (1984) en Emily Hobhouse: Heldin uit die Vreemde (1970).
Rykie