
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
Twee jaar gelede was Lukas die onweerstaanbare dosent wat Leila se hart gebreek het. Sy was naïef en onervare genoeg om in sy bed te beland en die reëls van die spel tussen hulle verkeerd te verstaan. Vandag is sy 'n sterker, wyser vrou, en van Lukas het sy al amper vergeet, baie dankie. So iets sal nie weer met haar hart gebeur nie. Tot sy in haar nuwe werkplek instap en sien die meneer Strauss wat haar nuwe baas moet word, is inderwaarheid niemand anders nie as einste Lukas, die man wat haar hart onder sy hak vermorsel het. Sommer met die intrapslag al spat die vonke, en gou is Leila weer besig om 'n sensuele spel van lus en passie te speel – maar sal haar hart hierdie keer as oorwinnaar uit die stryd kan tree? Reëls van die spel was die naaswenner in NB-Uitgewers se Ultrasatyn-wedstryd vir superstomende liefdesverhale wat die sensuele besing.