
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
Wanneer Olivia Bailey in haar Muizenbergse huis aangeval en byna verkrag word, besluit sy "om afstand te probeer verkry" – nie net van haar werk as joernalis nie, maar ook van die Kaap. Die enigste plek waaraan sy kan dink om heen te gaan, om weer "heel te word", is haar ouma se huis op Oudtshoorn. Daar is net een probleem: Olivia het haar ouma nog nooit ontmoet nie. Want dié Joodse familie in hulle pluimpaleis is trotse mense. Toe Olivia se ma met die verkeerde man weggeloop het, het hulle haar onterf en nooit weer gekontak nie. . . Op Oudtshoorn kry Olivia 'n veel hartliker ontvangs as wat sy verwag het. Sy leer nie net haar ouma ken nie, maar kry ook 'n ander blik op haar ma en haar eie geskiedenis. In die proses word sy oorrompel deur die vergete wêreld van Boer en Jood, swier en vertoon, oordaad en rykdom – die tyd van die pluimprinse op Oudtshoorn. En soos die geskiedenis vir Olivia lewend word, begin haar eie helingsproses.