
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
Elke plesier het sy prys . . . Tristan Hansen word die engel van plesier genoem – 'n man wat R15 000 per nag vra en soveel genot verskaf aan die land se mees invloedryke en wêreldwyse vroue dat hulle terugkom vir meer. Maar wanneer een van sy kliënte haar eie lewe neem, verander die plesierengel in 'n doodsengel, en bely sy kliënte die een na die ander wat agter toe deure gebeur het. Maar waarom doen hy dit? Beslis nie net vir die geld nie. 'n Sielkundige, Erika Hamilton, ontmoet hom toevallig. Albei van hulle bied op beroepsvlak verligting van neurose, onvervuldheid en frustrasie – die een op akademiese wyse, die ander met lyflike plesier. Wat gebeur wanneer hulle ontmoet? Plesierengel is 'n nuwe, aangepaste weergawe van Leon Van Nierop se 1998-blitsverkoper, maar dié slag kookwater-warm, onbevange en onbevrees vertel. Soos dit regtig daagliks gebeur . . . Daar is tonele wat sensitiewe lesers dalk kan skok. Dit is Van Nierop soos jy hom nog nooit gelees het nie.