Piekfyn Afrikaans Graad 7 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal

ebook Piekfyn Afrikaans

By Henk Viljoen

cover image of Piekfyn Afrikaans Graad 7 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Download Libby on the App Store Download Libby on Google Play

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Library Name Distance
Loading...
Piekfyn Afrikaans Graad 7 bevat prikkelende leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Daar is interessante tekste en piekfyn illustrasies en prente om jou taalvaardighede en visuele geletterdheid te ontwikkel. Boonop word taalinhoud met dié van verskeie ander vakke geïntegreer sodat jy jou taalkennis ook in jou ander vakke kan toepas. Die aktiwiteite is gerig op jou verwerwing van taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, woordspeletjies, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is jou voorland. Afdelings soos Pitkos, In 'n neutedop, die Indeks, die Letterkundegids en die Taalgids gaan jou voorbereiding vir enige soort leer en assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook
  • verskeie stories en inligtingstekste lees;
  • visuele tekste krities interpreteer en verduidelik;
  • oortuigend en spontaan praat in verskeie mondelinge situasies;
  • hardoplees en toesprake lewer;
  • aandagtig en krities na inligting en stories luister;
  • taalstrukture en -konvensies deeglik en foutloos in jou mondelinge en skriftelike aanbiedings gebruik; en
  • heelwat transaksionele en kreatiewe tekste soos opstelle en briewe skryf. Piekfyn Afrikaans help jou verder met voorbereiding vir die halfjaar- en eindeksamen. Al die vraestelle wat jy hierdie jaar moet aflê, word in dié handboek voorsien – ook toetse en baie hersieningsoefeninge. Maar dis nie al nie . . . Jy het ook 'n Piekfyn Afrikaans Leesboek wat jou verbeelding gaan aangryp en jou inspireer om self 'n storie, gedig of 'n drama te skryf! Ons weet Piekfyn Afrikaans gaan jou help om Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieënde vaandels te slaag! Geniet ʼn Piekfyn-leerervaring!
  • Piekfyn Afrikaans Graad 7 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal