
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
In die dae toe speurders nog aan hul safaripakke en Grasshopper-skoene uitgeken kon word, was die Moord-en-roofeenheid ewe beroemd as berug. Charles Miller was een van hul topspeurders. As lid van die Wes-Randse tak het hy verskeie opspraakwekkende moord- en roofsake danksy deeglike speurwerk en 'n uitstekende netwerk opgelos. Bloedbesmeerde moordtonele, donker hole, omstrede ondervragingsmetodes en smerige informante was alles deel van sy werk. Vir hom en sy kollegas het die adrenalien van klappende skote later soos 'n dwelm geword. Maar om jou lewe elke dag op die spel te plaas, eis sy tol. Miller het later ook telling verloor van hoeveel misdadigers hy in die uitvoering van sy pligte doodgeskiet het. 'n Ware verhaal oor die strewe na geregtigheid en hoe dit dikwels tot 'n ongemaklike dans met die donker kant lei.