
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
Opwindende kortverhale wat die verplasing en gemoedstoestand van karakters in verskillende stede in Europa en Afrika onder die vergrootglas plaas. Hulle ervaar kos en maaltye dikwels as metafoor vir angs, eensaamheid of vertroosting. Die ritueel van maaltye word belig, en kos word ook as ʼn vormende teenwoordigheid in die karakters se menswees uitgebeeld – dikwels op paradoksale wyse.Die titel Maal dui op die manier waarop karakters verslinger word deur lewenservaringe soos migrasie, ongesteldheid, familie-intriges en dood. Maal sinspeel ook op die woord "mal", ʼn term wat in die bundel op figuurlike wyse na een of meer van die karaktertrekke van die individue verwys – en na die lewe self.'n Besonder sterk debuut.