Liefde op Langebaan

ebook

By Trish Goosen

cover image of Liefde op Langebaan

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Download Libby on the App Store Download Libby on Google Play

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Library Name Distance
Loading...
Lana het ná 'n liefdesteleurstelling op Langebaan kom heel word, hier waar niemand die potjierol van vroeër ken nie, waar sy weer kan leer om goed genoeg te voel. Vir iemand wat sukkel met haar selfbeeld, is die eerste keer wat sy en Ben mekaar sien, nie van die beste nie: Sy struikel in 'n restaurant en raak slaags met 'n skinkbord vol aarbeimelkskommel. En van daar af bly dinge tussen haar en Ben Kok problematies: Hy's veels te sexy, om mee te begin, en duidelik 'n player van formaat, kom Lana op hul eerste afspraak agter – hy wil sommer vatterig raak, en met haar geskiedenis is dit die laaste eienskap waarna sy soek in 'n man. Buitendien, daar's beter dinge op die horison toe Lana die nuwe dokter op die dorp se aandag trek, en gou is die twee van hulle in 'n . . . wel, heel goeie verhouding. Net jammer André kritiseer nogal haar smaak. En haar lyf. En haar eetgewoontes. Maar nee, hy's eintlik báie gaaf. Ben, 'n sjef van beroep, wil opmaak vir sy flater en bied aan om Lana te leer kosmaak, om die vegetariese André te kan beïndruk. Net gou moet Lana keer vir die kookwater, en nie nét in die kombuis nie . . .
Liefde op Langebaan