
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
Verloofdes wat gaan trou, kan dit in hul wittebroodtasse pak. Mense wat 'n permanente verbintenis aan mekaar gesweer het en opreg bedoel om toegewy aan mekaar te lewe, kan die boek gebruik om mekaar se lewens te verryk. Selfs ná veertig of vyftig getroude jare kan 'n mens met so 'n boek weer die liefdesvlam hoog blaas en opgewonde raak oor nuwe moontlikhede vir die bou van verhoudings. Miskien voel jy soms onseker oor jouself en jy wonder of jou verhouding ooit gaan uitwerk. Dalk het jy indringende vrae oor seks en seksualiteit of selfs oor die aard van die liefde. Jy is dalk skepties oor jou maat se motiewe . . . Die Bybel wil mense se lewens verryk anderkant die begrensings van menslike potensiaal en kultuur. Die huwelik is 'n kuns van liefde en 'n guns van Gods genade. Wie ons in Christus is, en hoe ons dit aanwend om tot volwassenheid te groei en die lewe mooi en heel te maak, te bemagtig en te verryk – dít is wat liefde vir altyd laat voortleef.