
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
Dorkasbaai is 'n bar en afgesonderde strandplaas aan die Weskus. Ook die mense wat daar woon het bar geword van afsondering, veral Eli van Egeren en sy seuns, Joac en Benjamin. Waarom wil Fransie van Zyl dan haar gemaklike stadsbestaan laat vaar om juis Dorkasbaai toe te gaan? Die antwoord lê verskuil in die blou bladsye van die briewe wat Melissa von Meelis, haar stiefmoeder, nagelaat het. Dáár gaan soek Fransie die sleutel tot haar onverstaanbare dood. En so raak haar lewe verweef met Joac, wie se huwelik met die onstabiele Alexa 'n marteling geword het; met Benjamin, die liefdevolle hemelkind wat sku in sy eie wêreld leef; met Liza, Eli se tweede vrou, wat haar eie kronkelpad deur senusiekte en ineenstorting moes vind. Op onnaspeurlike manier bring Fransie se tussenkoms verandering in hul lewens, totdat die geheime van die ongelukkige seeplaas een vir een wyk.