
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Loading... |
Ek is die vrou wat die nag opsoek. Ek is die vrou wat snags uit my bed opstaan en loop. Ek is die vrou wat my klere uittrek en opkyk na die maan. Ek is die vrou wat katvoet loop. Ek is die vrou wat die nag nodig het, soos suurstof. Riana Scheepers se kortverhaalbundel is 'n sjarmante, onthutsende kombinasie van erotiek en gevaar, 'n bundel waarin die skynbaar alledaagse dikwels aanleiding gee tot irrasionele en selfs wonderbaarlike lewenservarings. Vanuit 'n sterk sensuele vroulike perspektief word Afrika-mistiek en die liefde sterk op die voorgrond geplaas, en bowenal word hierdie bundel 'n viering van onblusbare lewensdrif.