
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
Hierdie is die tweede roman in die drieluik wat Jan van Tonder beoog oor die jong man Sagie en sy lewe van onskuld en halfverstaan. Dit hervat Sagie se verhaal vier jaar nadat hul bure die De Wets met hul dogter Ansie vertrek het uit die Ladismith-distrik in die Klein-Karoo. Sagie boer steeds saam met sy pa, Barend, maar wanneer hy ook al 'n tydjie kan afstaan, bou Sagie aan Ansie se huis: hy glo dat Ansie sal terugkeer sodra daar rook uit die skoorsteen trek ... Sagie se kinderlike geloof en onrealistiese verwagting kwel Barend al hoe meer. Hy weet sy hart is nie meer sterk nie en sy kommer oor die dag dat hy nie meer daar sal wees om sy seun teen die werklikheid te beskerm nie vreet aan hom. Is weer Sagie is 'n aangrypende, deerniswekkende leeservaring oor Sagie se groei na volwassewording. Die trefkrag van die verhaal lê in die fyn en onderbeklemtoonde uitbeelding van emosies in hierdie wêreld van eenvoud en onskuld. Soos die eerste roman oor Sagie is hierdie weer eens 'n diep-menslike verhaal wat tot baie lesers sal spreek.