
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
Gesamentlik staan hierdie twee stories bekend as Die Verduin-sage, 'n verhaal wat so ryk aan intrige en sensasie, hartstog en skandale, liefdeskinkels en noodlotsdraaie is as die beste TV-sepie. In Die gesin Verduin leer ken ons die eerste geslag van dié gesiene en skatryk familie. Aan die hoof staan Rolf, wat sy fortuin gemaak het nog voor sy huwelik met Reina. Al vyf hul kinders kom op 'n manier in opstand teen hul hardvogtige pa, maar sy invloed strek ver, en sy genade teenoor "swakkelinge" is min. En in Sondes van die vaders ontmoet ons die tweede en derde geslag Verduins – hulle is gewoond aan die gerief wat gepaardgaan met rykdom, maar het nog nooit nodig gehad om sélf hard daarvoor te werk nie. Eindelik begin die Verduin-ryk te wankel – sal enigeen mans genoeg wees om dié situasie om te keer?