
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
'n Heerlike verrassing – vier omnibusverhale in plaas van drie!So leeg die moederhart is die aangrypende verhaal van Heilna Serfontein se meedoënlose soektog na haar seun . . . en as vrou ontdek sy boonop vir die eerste keer wat ware liefde is.Op pad na Kanaän is 'n diep geestelike verhaal van vreemdelinge wie se lewens onlosmaaklik ineengestrengel raak op Môrestond, 'n plek waarheen mense gaan om weer sin in hul bestaan te vind.Bergwind oor Karma is 'n lekkerlees-speurverhaal propvol liefde, spanning en intrige. Toe die versengende bergwind met die aanbreek van die Kersseisoen deur Erna Paulsen se karavaanpark begin waai en haar gemoedstoestand behoorlik omkrap, noem sy die wind op sy skeldnaam: moordwind!Net ná middernag is 'n speurverhaal met 'n waarlik verrassende einde. Toe die kerkhorlosie een Saterdagnag sy twaalf slae oor Driedoring uitbeier, word daar 'n moord gepleeg op dié rustige dorpie.