
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
Die seiljag waarop Louise Webber, haar verloofde en haar beste vriendin na Nieu-Seeland vaar, raak tydens 'n hewige storm onklaar, en die volgende wat Louise weet, is dat sy dodelik siek is en haar tussen 'n spul bebaarde gomtorre op Marion-eiland bevind. Wie ís hulle, en waarom is veral een van hulle so onwillig om te glo dat sy nié 'n spioen is nie? Verlief en verlore op Marion is 'n verhaal propvol romanse en intrige.In Dwaalspoor na Kanaän weet die weduwee Niena Pistols die mense beskinder en vermy haar – dít nadat haar lieflingseun grusaam vermoor is. Maar sy het 'n plan gereed vir die dag van vergelding . . .In Woestynpad van verlange vind Debbie Tredoux die loodgieter wat die badkamers in haar skoonouers se huis kom vernuwe, hoogs aantreklik. Sy is 'n weduwee, maar hy't g'n reg om skuins teen sy neus af na haar te kyk nie. Of het hul paaie al voorheen iewers gekruis?