Eksklusief uit Eden

ebook

By Marida Fitzpatrick

cover image of Eksklusief uit Eden

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Download Libby on the App Store Download Libby on Google Play

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Library Name Distance
Loading...
Mia Bindemann skryf vir 'n lewe. Maar anders as wat sy graag wil, skryf sy nie artikels of nuusberigte nie. Sy skryf sepie-opsomminkies vir Nuusweek se TV-gids. Dan kry sy haar kans: Nuusweek stuur haar na Bahrein, 'n eksotiese woestyneiland in die Midde-Ooste, 'n plek bekend as die Tuin van Eden. Sy moet 'n artikel gaan skryf oor 'n bomontploffing op 'n veerboot waarin baie Suid-Afrikaners dood is. Maar dit kan nie sommer enige artikel wees nie, waarsku Grethe haar vooraf. Sy moet 'n scoop kry – eksklusief vir Nuusweek. 'n Boheemse duiker genaamd Eric voer haar weg op 'n Midde-Oosterse towertapyt van geure, genot en gevaar. Met die son in sy blonde krulhare, is Eric vir Mia 'n onweerstaanbare engel – al val daar soms skadus oor sy seeblou oë. Deur Eric leer ken sy die wonders van Bahrein, maar ook die eiland se donker kant. En dan is daar die ambisieuse Malan Retief, hoofverslaggewer van Verslag, wat met Mia meeding om die scoop. Met sy ontwerperskoene, stoppelbaard en geamuseerde glimlag maak hy Mia se lewe ondraaglik. En tog gaan haar hart aan die klop elke keer as 'n e-pos van hom met 'n pieng in haar inboks land...
Eksklusief uit Eden