Eensaam op Wegdraai

ebook

By Ena Murray

cover image of Eensaam op Wegdraai

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Download Libby on the App Store Download Libby on Google Play

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Library Name Distance
Loading...
'n Skaduwee skuif oor Bokkie en Tokkie se sorgelose kaalvoetlewe, waarin sokkerspel saam met die dorpseuns die hoogtepunt van pret is. En die rede? Ontluikende vroulikheid . . . 'n vloekwoord en blykbaar 'n ongeneeslike siekte. Dis veral juffrou Estelle Huizeman se arendsoog wat dié dinge opmerk. Nog meer, daardie fyn oog bespeur ook die manlikheid van hul wewenaar-pa en skoolhoof, Henk Beukes. Die tweeling besef gou hulle sal 'n blink plan moet smee as hulle nie juffrou Huizeman as hul nuwe ma wil hê nie. Want dis duidelik sy het haar visier ingestel op dié aantreklike wewenaar van Jagershoek. Die oplossing: hulle soek eerder self 'n moeder so na hul hart. En die aangewese plek is Soek en Vind, tydskrifhoekie vir eensames. So word Eensaam op Wegdraai geskep – eensame, aantreklike wewenaar van sewe en dertig, op soek na 'n vrou wat raad kan gee met dertienjarige tweelingdogters. Al wat Bokkie en Tokkie nou moet doen, is om uit al die aansoeke die régte een te vind. Iemand wat 'n eie ma vir hulle kan wees. Want só 'n vrou sal tog hul pa se hart ook steel, of hoe?
Eensaam op Wegdraai