
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
Jenna Joubert wíl nie deur dokter Luca de Wet, befaamde kardioloog van die Kaap, ondersoek of behandel word nie. Sy kan hom die moeite spaar. "My hart," sou sy vir hom kon sê as hy haar sou vra, "is gebreek. Hou jou daaruit as jy weet wat goed is vir jou." Luca de Wet duik orals op, maar sy vertrou hom nie. Sy wéét wat gebeur wanneer 'n hartchirurg gou is om die mes in te lê – en al die pad bank toe te lag – sonder om sy pasiënt se welstand in ag te neem. Dis net dat die vervlakste dokter met sy mooi mond allerhande fantasieë in haar wakker maak wat maar eerder kon gebly het. Want van mans en hul gewoontes weet sy genoeg om nooit weer toe te laat dat een wydsbeen oor haar hart kom sit nie . . .