Speurder Kwaaikofski
ebook ∣ Die slinkse slangslenter · Speurder Kwaaikofski
By Jürgen Banscherus

Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
Hoe het dit eintlik gebeur dat Kwaaikofski 'n speurder geword het? Kwaaikofski dink terug aan sy eerste saak: Die slinkse slangslenter. Die legendariese saak wat gesorg het dat Kwaaikofski vir Olga ontmoet en ook Carpenters kougom ontdek het! Dit is ook die raaisel wat daartoe gelei het dat hy sy ware roeping vind: Om 'n wêreldklas speurder te word. Die Speurder Kwaaikofski-speurreeks is deur een van Duitsland se mees geliefde skrywers vir kinders geskep en het al meer as 850 000 eksemplare wêreldwyd verkoop. Die slinkse slangslenter is die vyfde storie in die Afrikaanse reeks. Kwaaikofski is 'n 9-jarige seun met 'n avontuurlike stokperdjie: hy's 'n amateur-speurder. Hy kou altyd kougom, want dit help hom dink. Hy haal ook nooit sy kep af nie, want dit sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – iets wat natuurlik noodsaaklik is vir belangrike speurders soos hy! Die intriges van die stories in die reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture! Die boeke het eenvoudige woordeskat en is ideaal vir beginnerlesers (ouderdomme 6 tot 10)