Die eerste siklus

ebook

By Etienne leroux

cover image of Die eerste siklus

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Download Libby on the App Store Download Libby on Google Play

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Library Name Distance
Loading...
Die verband en samehang tussen Etienne Leroux se eerste drie romans is nie in die vyftiger- en sestigerjare al raakgesien nie; die sikliese aard is eers later bevestig en die drie romans is in 1986 die eerste keer in een band gepubliseer as Die eerste siklus. Die eerste lewe van Colet (1955) is 'n ontwikkelingsroman in kroniekvorm; die leser beleef die seun Colet se groei van kind tot jong volwassene (die tydperk is 1921 tot ongeveer 1942), met as fokus sy seksuele ontwaking. Hilaria (1957) volg daarop en vertel hoe Colet, ná sy terugkeer van die oorlog (in die jaar 1946) help met 'n advertensieveldtog vir plastiek-blindings. Die mugu (1959) is 'n satiriese reisverhaal: die dooltog van Gysbrecht Edelhart deur die strate van Kaapstad.Elize Botha het daarna verwys as die eerste siklus "in die groter siklus-in-wording wat Etienne Leroux se werk in wese is". Dit vestig reeds die patroon van mitiese parallelle wat in Leroux se latere romans so sterk voorkom.
Die eerste siklus