
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
Wenner van NB-uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2012:Komies, hartroerend, meditatief, verruimend! Hierdie kick-ass roman bied 'n priemende blik op twee parallelle reise: 'n man en 'n vrou elk op soek na die oorsake van 'n broer en 'n suster se ondergang.Na 'n onthutsende oproep van ene Josias Brandt, vertrek Karl Hofmeyr teësinnig om sy broer, Iggy, wie se kop skynbaar uitgehaak het, te hulp te snel. Karl – heavy-metal-fan de luxe – se reis word vertraag deur sy obsessies wat hom in verskillende situasies lelik kniehalter. Maria Volschenk word op 'n dag oorval deur 'n groot leegte. Sy reis na die Wes-Kaap op 'n sending waarteen sy lankal opsien, in 'n poging om hierdie beleërende leegte af te weer. Die twee verhaallyne vloei saam op 'n onwaarskynlike stadsplaas iewers in Kaapstad, waar die broer, Ignatius Hofmeyr, in 'n bitter tweestryd met die onpeilbare Brandt-kêrel gewikkel is. Die beoordelaars se lof:"Die roman se krag is geleë in die digte tekstuur ... [dit] bereik 'n uitsonderlike kompleksiteit." – Louise Viljoen"... die opwindendste taalgebruik: skreeusnaaks soms, altyd raak, altyd gepas vir die aard van die prosa. – Willie Burger"Wat mens bybly, is die uitreik na die boweaardse, die worsteling om nuwe dimensies van die gees. 'n Roman wat 'n durende verwysingspunt in die Afrikaanse letterkunde kan wees. – Linda Rode