
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
"Hierdie splinternuwe boek deur dr. Anton F. Prinsloo beskryf hoe die oorspronklike betekenisse van ongeveer 1 000 Afrikaanse woorde metterjare só verander het dat die betekenisse wat ons vandag ken, byna hoegenaamd nie sin maak nie. So byvoorbeeld het die woord "ambisie" eeue gelede niks met 'n sterk strewe na sukses en vooruitgang te doen gehad nie. As iemand in daardie eeue ambisie gehad het, het dié persoon soos 'n bedelaar van huis tot huis geloop.
En die betekenis van die Nederlandse "dyk" was toentertyd allermins dié van 'n "hoë wal by die see om water uit te hou". Die woord het juis nie na die wal vewys nie, maar na die sloot wat gegrawe is om grond te kry om die wal, wat die land teen die see moes beskerm, mee te bou. As ons vandag van 'n "kandidaat" praat, sou ons nie dink dat dit iemand is wat 'n verpligte wit rok sou moes aanhê nie.
En die klein, kruipende diertjie wat ons 'n "wurm" noem, kon toentertyd na 'n maaier, slang, skerpioen of draak verwys het. Ligte, prettige leesstof. Dié boek verskil van 'n tradisionele boek oor die herkoms van woorde (die etimologie) deurdat dit net woorde behandel waarvan die betekenis erg prettig (en skelm) deur die tyd skeefgetrek is. "