Uit Die Stof

ebook

By Frederic Roux

cover image of Uit Die Stof

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Afrikaanse spanningsverhaal: Die jare 1991-92 is bes moontlik die mees betekenisvolle tydperk in Suid-Afrika se geskiedenis. Die apartheidswette word geskrap. alle politieke gevangenis word vrygelaat, selfs die sogenaamde terroriste, en geen politieke party is meer verban nie, nie eens die gehate swart of gevreesde Kommunistiese partye nie. Verteenwoordigend van die belangrikste politieke partye, in Desember 1991 begin die Konvensie vir Demokratiese Suid-Afrika met onderhandelings en die die doel is om 'n nuwe politieke dispensasie te beding en 'n grondwet wat sal lei tot vrye demokratiese verkiesings.
Toe die Nasionale Party regering vroeg in 1992 nog weier om magsdeling te bespreek stap die ANC uit. Die ganse wêreld is in rep en roer. Die Amerikaanse president wat aansien probeer wen vir die komende verkiesing in November stuur sy minister van buitelandse sake William Caldwell om die onderhandelings weer op dreef te kry en 'n einde te maak aan apartheid. Kort na sy aankoms word die minister egter deur die polisie op diens by die hotel ontvoer. Wanneer die polisie se liggame in 'n verlate steengroef gevind word is die minister skoonveld.
Kommisaris van polisie generaal Pine Pienaar kan nie begryp waarom niemand na vore kom om eise te stel nie en hy stel vir kolonel Blits Viljoen aan om die minister op te spoor. Intussen beveel die Amerikaanse president die Indiese Oseaan vloot, onder andere 'n vliegdekskip met meer vegvliegtuie as wat Suid-Afrika besit, om vanaf die eiland Diego Garcia na Suid-Afrikaanse waters te vaar. Vir Blits word dit gou duidelik dat talle ander agente van eie geledere en van die vele Amerikaanse agentskappe ook nou op plaaslike bodem bedrywig is en dit word naderhand 'n geval van wie kan jy vertrou? Pine kom ook agter dat daar 'n mol in die polisie is wat inligting uitlek. Die vraag is of die mol inligting aan die verregses of die links-gesindes lek, of aan beide? Intussen kom Caldwell se predikant broer en aantreklike dogter Anne hier aan op soek na antwoorde en krap gemoedere om.
Wanneer Amerikaanse vegvliegtuie op en af teen die grens met Mosambiek vlieg raak die land paniekbevange. Die vlamme van burgeroorlog brand al hoër as gewapende magte van beide die verregse Afrikaner Herenigde-Orde (AHO) en die Pan African Liberation Movement (Palm) saamtrekke hou. Dit is in hierdie moord-kuile wat blits moet ingaan op soek na leidrade. 'n Noodtoestand word afgekondig deur 'n kabinet wat skerp verdeeld is tussen verkramptes en verligtes. Pine bots met sy verkrampte minister as die eise stel wat Pine weier om uit te voer.
Blits stel uiteindelik vas dat Johanna Pretorius, leier van AHO, die Heks van die Waterberg vir Caldwell in die droogte geteisterde bosveld aanhou. Eienaardig genoeg kan of wil haar seun wat tweede in bevel van AHO is nie vir Blits vertel waarom sy hom aanhou nie. Terwyl Pine die mol in eie geledere moet uitsnuffel verskuif Blits se soektog dus na die Waterberg. wanneer hy die boomhuis op 'n verlate bosveld plaas vind waar Caldwell aangehou was, is Caldwell en die Heks egter skoonveld. Vir die wêreld se kykers beskryf CNN onder watter haglike omstandighede Caldwell aangehou word.
Toe daar aangekondig word dat die leier van die ANC 'n perskonferensie by die Amerikaanse ambassade in Pretoria gaan hou doen gerugte die rondte dat die Amerikaanse regering se Marines en vegvliegtuie die ANC gaan help om die land met mag oor te neem. Dit word gestaaf deur die nuus dat Stealth vliegtuie in Kenya geland het en dat die Amerikaanse Indiese vloot met onder andere 'n skip met Marines teenoor die Natalse kus aangekom het en dat hulle gereed maak om die land binne te val. Nou is die vraag of Blits Caldwell en die Heks betyds sal...

Uit Die Stof