Tamatiestraat

ebook

By Henning Janse van Vuuren

cover image of Tamatiestraat

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Die veertienjarige Lelanie Louw se ma spring onverwags saam met haar nuwe man op 'n vliegtuig na Europa. Niemand het 'n idee wanneer om haar terug te verwag nie. Inteendeel, dit lyk al hoe meer vir die snipperige Lelanie of sy glad nie terugkom nie. Skielik moet sy en haar ouer broer Dewald by hul pa in sy woonstel intrek en teen wil en dank aanpas. Chambord-woonstelle in Pretoria huisves verskeie vreemde karakters, sommiges met verskuilde agendas - en soos enige kind weet, hou hoƫrskool al reeds genoeg uitdagings in.

Asof hulle lewens nie genoeg ontwrig is nie, raak dinge lelik sodra Gustav Buitendach vir Dewald vra om vir hom 'n pakkie by die woonstel af te gee.

As jy jonk is van gees sal jy die emosionele mallemeule saam met Lelanie geniet.

Hierdie avontuur saam met die onnutsige Lelanie Louw was 'n finalis in die Sanlam / Tafelberg Jeugromankompetisie gedurende 2009/2010.

Henning Janse van Vuuren het die manuskrip afgestof, opgekikker en die eindproduk belowe heerlike leesstof aan tieners ouer as dertien.

Tamatiestraat