Gees van die Labrador

ebook

By Makkie de Beer

cover image of Gees van die Labrador

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Ons eerste ervaring saam met die "Riemlanders" begin duisende kilometers verder Noord in die Sahara woestyn Wes van Kaïro. Twee reuse aanvoerders het kragte gemeet naby El Alamein. Die bloed van duisende manskappe het diep in die dorre sand van Egipte ingetrek terwyl Montgomery stadig die oorhand begin kry het oor die geslepe Rommel. Die slag was van deurslaggewende belang en het gelei tot die ontrekking van die Duitsers uit Afrika. 'n Strategiese oorwinning, wat ongelukkig diep sielkundige wonde op die oorlewendes nagelaat het. Gedurende die "hel" in die woestyn was die Riemlanders daar – dag en nag soos die kanonne en bomme wat nooit opgehou het nie. Makkie neem ons tussen hulle tente, deur die loopgrawe en tot by die hospitaal van die Rooi Kruis. Die lewens van talle jong mans het in daardie paar dae vir ewig verander.

Makkie de Beer skryf uit haar hart uit en het 'n wye ervaring van die lewe en 'n uiteenlopende vriendekring. Haar karakters voel later soos familielede en vriende wat jy bladsy vir bladsy beter leer ken en liefkry. Hulle is nie sonder foute nie en net soos ons gewone mense, probeer hulle om 'n lewe te maak vir hulleself en hulle geliefdes. Ervaar die hartklop van 'n plaas en voel saam met hulle, in hulle menslike pogings om geluk en liefde te vind. Nader aan die grond en midde in die natuur wissel die emosies soos die seisoene – van bittere koue sneeu-bedekte vlaktes tot warm luilekker somersdae.

Ontspan bietjie hierdie vakansie en gaan kuier op 'n rivierplaas in die Riemland.

Gees van die Labrador