cover image of Joost en Amor

Joost en Amor

Agter die skerms

by Gavin Prins

ebook

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today

Die gevierde Springbok-rugbyheld Joost van der Westhuizen en sy vrou, die sangeres Amor Vittone, was 'n glansryke paartjie wat die verbeelding van menige Suid-Afrikaner aangegryp het. Hulle het as hul land se eie "Posh en Becks" bekend gestaan en was geseënd met sukses, roem, ophemeling deur die publiek, en 'n oënskynlik gelukkige huwelik. Totdat 'n skokberig oor 'n seksvideo op die voorblad van 'n plaaslike Sondagkoerant verskyn het ...

In hierdie boek vertel Gavin Prins, die welbekende joernalis en 'n persoonlike vriend en vertroueling van die Van der Westhuizens, nou die storie agter die storie – die een wat nog nooit tevore gepubliseer is nie. Prins, wat die seksvideo-skandaal op die voorblad van Rapport bekend gemaak het, beskryf hoe 'n eenvoudige plaasseun wat 'n nasionale rugbyheld geword het, sy droomvrou ontmoet en met haar getrou het – en toe op die mees openbare en vernederende manier in ongenade geval het. Sy bekentenis het 'n sekere mate van bevryding meegebring – totdat 'n lewensgevaarlike siekte hom op sy knieë gedwing het ...

Hierdie kragtige vertelling, wat dikwels skokkend maar uiteindelik opheffend is, is die ware verhaal agter die opspraakwekkende opskrifte wat Suid-Afrika se bekendste paartjie geteister het.

Publication Details

Publisher:
Penguin Random House South Africa
Imprint:
Zebra Press
Publication Date:
2013

Format

  • Kindle Book
  • OverDrive Read
  • Adobe PDF eBook 2.4 MB
  • Adobe EPUB eBook 1 MB

Gavin Prins (Author)

As die vermaaklikheidsverslaggewer vir die koerant Rapport, het Gavin Prins die stories van twee seksskandale wat by die Amerikaanse TV-magnaat Oprah Winfrey se eksklusiewe meisieskool in Suid-Afrika plaasgevind het, bekend gemaak. Prins was ook d...

More about Gavin Prins
Joost en Amor
Copy and paste the code into your website.
New here? Learn how to read digital books for free