
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
Nadat Louis Brittz en sy gesin in Februarie 2010 die slagoffers van 'n gewapende roof,ontvoering, doodsdreigemente en verkragting was, het hulle beleef hoedat hulle, inLouis se woorde, 'deur die Here se genade sonder littekens aan ons siele of gees daaruitgestap het.' Hulle was amper onmiddellik heel en mense het gedink dat hulle óf jok,óf superkragte van een of ander aard het. Maar Louis het besef dat God jare lank al besigwas om hulle te leer om volgens sekere beginsels te lewe. Dit, saam met Sy kragen teenwoordigheid, het hulle in staat gestel om hierdie traumatiese ervaring volkomete verwerk. Vanuit hierdie ervaring is Wat wenners weet gebore.Ons is gebore om wenners te wees en elkeen – van die heel gewones tot die superbegaafdes– kan 'n wenner wees. Dis in jou geestelike DNS ingeskryf deur God self.Hierdie boek is nie 'n aksieplan nie. Dis 'n uitnodiging om spesifieke dinge in joulewe voor God neer te lê en Hom in verootmoediging te vra om jou te verander. Dis ooknie 'n boek wat elke dingetjie probeer hanteer wat jou lewensgehalte kan verbeter nie.Dit vertel jou nie na watter musiek om te luister, waar om vakansie te hou of om groentee te drink vir jou spysvertering nie.Louis bepaal hom by dié dinge wat hy glo noodsaaklik is om in oorwinning te kanleef. Dis 'n reis deur God se beskikbare middele om sy kinders in wenners te verander.Louis bespreek onderwerpe soos:• Wenners het alles verloor• Wenners kan vergeet• Wenners weet wie hulle is• Wenners vra die harde vrae• Wenners oorwin hulle gedagtes• Wenners is bagasievryWat wenners weet gee jou 'n bloudruk van dinge wat in 'n wenner se lewe anders lykas in die van ander mense en sal jou in staat stel om in alle omstandighede meer as 'noorwinnaar te wees.