Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
Twee kinders, een wit, een bruin, beur die lewe in en word gedurende die apartheidsjare in dieselfde plattelandse omgewing groot. Onder dié grond voed die bloed en beendere van voorsate die DNS van die landskap. Vernietigende gedragspatrone vloei soos kanker deur die are van een geslag na die volgende.
Alhoewel Madelee en Karools se omstandighede radikaal verskil, worstel albei om sin te maak van hulle bestaan en word gedwing om die ongenadige mes van gesin- en geslagsgeweld aan die lemkant vas te hou. Wanneer die noodlot hulle wêrelde in botsing bring, keep dit diep wonde. Hulle bly die skuld van bloed betaal.
Is die uitkoms wat in die toekoms wag as hulle paaie weer sou kruis, onafwendbaar? Of kan hulle dit ontkom?
Met hierdie sterk en boeiende debuut dwing Sandra Skinner die leser om skokkende waarhede in die gesig te staar. Dit is 'n kaalvuis fiktiewe verhaal wat ook elemente van ware gebeure bevat. Dit weier om ontkenning van die sistemiese wreedhede van ons verlede te aanvaar. Dit hou ook die spieël van die hede voor die leser en vra die ongemaklike vraag: Is daar nie nog steeds Karoolse en Madelees in ons midde nie?