n Lint in die wind

ebook

By Elize Parker

cover image of n Lint in die wind

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Download Libby on the App Store Download Libby on Google Play

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Library Name Distance
Loading...

n Lint in die wind is die derde en laaste boek in die treffende Offerkind-reeks deur die gewilde Afrikaanse skrywer, Elize Parker. Die reeks handel oor Emma en Izak, 'n tweeling wat by geboorte geskei is, en 'n Lint in die wind neem die leser terug na die verlede en vertel die aangrypende verhaal van hul ma, Charlene.

Charlene Fourie raak swanger ná sy as tiener 'n passievolle eenaandafspraak met 'n plaaslike seun het. Sy word na 'n huis vir ongehude moeders in Pretoria gestuur en haar ma gaan 'n ooreenkoms met 'n vriendin aan om Charlene se baba, sonder haar wete, te laat aanneem.Gedurende hierdie tyd ontmoet Charlene 'n soldaat uit Rhodesië, majoor Lloyd Edwards, en trou met hom na 'n warrelwindromanse. Sy raak swanger met 'n tweeling, maar beleef 'n bitter moeilike jaar waarin Lloyd vermis raak, bipolêre de­pressie haar begin onderkry en sy probeer selfmoord pleeg toe sy sewe maande swanger is.In haar donkerste tyd verneem sy dat die tweeling oorlede is ('n leuen wat aan haar vertel word) en kom sy by 'n kruispad waar die toekoms donkerder as die verlede lyk. Vir Charlene is dit 'n lang pad na herstel. Sal sy ooit die waarheid uit­vind oor die leuens wat haar gesin verwoes het? En sal haar drie kinders hul pad na haar toe terugvind?'n Lint in die wind is die verhaal van 'n vrou se soeke na ware vryheid en bied ook 'n kykie op die siel en wese van bipolêre depressie en die herstel wat moont­lik is vir mense met geestesiektes - 'n moet-lees boek vir elkeen wat hoop soek en hoop wil deel.

n Lint in die wind