Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.
Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Loading... |
Daar is niks beter as die aroma en smaak van varsgebakte produkte nie. Om hierdie plesier in jou eie huis te ervaar, sluit Die Uitsonderlike Snowflake Versameling 'n reeks eenvoudige en maklike resepte in wat wissel van klassieke gunstelinge, tot nuwe, opwindende happies. Die boek bied 'n uitsonderlike versameling van soet en sout resepte vir koeke, nageregte, koekies, terte, pasteie, skons en muffins. Die lesers sal nie slegs tradisioneel Suid-Afrikaanse resepte ontdek wat deur ons grootouers gebak is nie, maar ook resepte in pas met moderne neigings, wat van nuwe bestanddele soos songedroogde tamaties en bosbessies gebruik maak. Basiese vaardighede en bestanddele wat reeds beskikbaar is, word vereis om hierdie resepte voor te berei. Dit is nie nodig vir spoggerige kombuistoerusting of volksvreemde, duur bestanddele nie en tog is daar talle opwindende idees en nuwe resepte om jou geïnspireerd te hou. Vir die groentjie is daar talle basiese tegnieke, praktiese wenke en variasies om jou te help om keer op keer heerlike en pragtige sout- en soetgebak te lewer.