Die binnerym van bloed

ebook

By Antjie Krog

cover image of Die binnerym van bloed

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Download Libby on the App Store Download Libby on Google Play

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Library Name Distance
Loading...
Digter Antjie Krog keer terug na die landskap van haar kindertyd. Die Vrystaatse vlaktes bekoor haar – dit is haar tuiste; ook die tuiste van haar ma, die skrywer Dot Serfontein. Dot is by die negentig. Sy is verswak en moet voltyds versorg word, maar haar intellek en humorsin is vlymskerp en haar skrywerskap vergelykbaar met die van haar dogter. In Die binnerym van bloed breek Antjie Krog die grense tussen genres af en skryf sy oor hierdie verhouding wat haar bly fassineer en kasty. Sy gebruik briewe, dagboekinskrywings en versorgingsverslae om verrykende benaderings tot kreatiwiteit, ideologie en die waarheid van oud word bloot te lê. Krog spoel die onoorkombare verskille tussen geslagte oop, maar wys ook die liefde en wedersydse bewondering tussen twee hoogs bekwame skrywers. Pragtig en indringend geskryf, delf Die binnerym van bloed in kulturele erfgoed, die land se Anglo-Boereoorlogverlede, kwessies van grondbesit en ras, ook romantiese verhoudings oor rasgrense heen. Hierdie verhaal oor die verhouding tussen ’n ma en ’n dogter is Krog se mees persoonlike, ook haar mees universele.
Die binnerym van bloed