AB

ebook Die Outobiografie

By AB de Villiers

cover image of AB

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Download Libby on the App Store Download Libby on Google Play

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Library Name Distance
Loading...

AB de Villiers is sonder twyfel een van die beste kolwers wat krieket nog ooit opgelewer het, maar sy prestasies strek veel verder as sy ongelooflike arsenaal dryf-, trek-, skep-, kap- en veeghoue.

Of hy nou die tuisskares by die Wanderers of Nuweland laat jubel, of in Bengaluru of Sydney nuwe rekords opstel, die vriendelike krieketheld speel 'n vurige spel wat miljoene Suid-Afrikaners trots maak en altyd 'n positiewe beeld van sy land uitstraal.

Dis AB se storie dié, in sy eie woorde – die verhaal van die jongste van drie talentvolle, sportmal broers se grootwordjare in Warmbad; van 'n seun wat in tennis, rugby en krieket uitgeblink het; van 'n jong man wat op 20 sy internasionale krieketdebuut gemaak het en in die volgende 11 seisoene vir elke enkele toets gekies is waaraan Suid-Afrika deelgeneem het; van 'n kolwer wat besig is om die kuns te herdefinieer, wat onder die wêreld se bestes gereken word in toets- sowel as internasionale eendag- en T20-krieket.

Te midde van die vuurwerke en deurlopende staatmakerspel, bly AB 'n ware sportman – beskeie oor sy eie welslae maar gou om sy opponente lof toe te swaai, altyd gereed om hard te werk, om sy span se volgende uitdaging te aanvaar en om sy land te verteenwoordig – iets wat hy steeds as 'n enorme voorreg beskou.

Hierdie is die verhaal van 'n eietydse sportfenomeen.

AB