Die Penguin Boek van Sporttrivia

ebook

By David O'Sullivan

cover image of Die Penguin Boek van Sporttrivia

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...
David O'Sullivan en Kevin McCallum is passievol oor sport en word geboei deur die kleurryke karakters, spanningsvolle oomblikke en nimmereindigende drama wat die sportwêreld kenmerk. Jare se kyk-, lees- en verslaggewingswerk oor belangrike sportgebeure het dié twee skrywers in staat gestel om 'n magdom inligting te versamel. Hierdie boek is die eindproduk van baie oordenking, argumente en die navolging van bekende sportsterre in pogings om persoonlike staaltjies bymekaar te maak. Dis 'n boeiende versameling trivia en agter-die-skerms-verhaaltjies oor die Suid-Afrikaanse sporttoneel oor die jare. Die Penguin Boek van Suid-Afrikaanse Sporttrivia is ideale leesstof vir sportgeesdriftiges, of diegene wat graag hul sportmal vriende wil uitboul met hul kennis. Het jy geweet: Watter eenoog-Noorweër op 'n stadium kaptein was van die Suid-Afrikaanse krieketspan? Waarom Percy Montgomery vir Bruce James 'n opstopper gegee het voor die 2007 Rugby Wêreldbeker? Hoe Thabo Mbeki daarvoor verantwoordelik was dat die Wes-Indiese krieketspan hulle eerste wedstryd verloor het tydens hulle toer in Engeland in Junie 1966? Watter kwaito-ster se pa bekend is vir sy prestasies in perdspring? Hoe Madonna gehelp het om Gary Kirsten se krieketloopbaan 'n hupstoot te gegee? Waarom Jomo Sono van sy eie trouonthaal gedros het? Waarom Pieter Hendriks se drie in die openingswedstryd van die 1995 Rugby Wêreldbeker nooit toegestaan moes gewees het nie? Kry antwoorde op hierdie en nog honderde vrae en beïndruk jou vriende met jou buitengewone kennis oor Suid-Afrikaanse sport.
Die Penguin Boek van Sporttrivia