Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.
Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Loading... |
Ellie se eerste ontmoeting met haar nuwe buurman, Simon, is allesbehalwe aangenaam. Reeds met die intrapslag dring hy daarop aan dat sy haar geliefde hond, Rudolf, van sy eiendom kom verwyder. Al hou hy nie van honde nie, voel sy steeds verplig om die nuwe intrekker touwys te maak op die dorp.Simon keer terug na Bloubaai na twintig jaar in Hollywood as 'n suksesvolle draaiboekskrywer. Al wat hy wil hê, is om uitgelos te word. Na 'n morsige egskeiding wat in die openbaar afgespeel het, sal hy enigiets doen om sy privaatheid te beskerm. Maar Simon kom gou agter dat dit nie so maklik is om Ellie afgeskud te kry nie. Buitendien is hy nie meer so seker dis wat hy wil hê nie...